Hamas sal oorskot van vier gyselaars môre repatrieer
Hamas sê hy sal môre die liggame van vier Israelse gyselaars vrystel, insluitend die twee jongste gyselaars wat deur die militante groep in Gaza aangehou is. Kfir en Ariel Bibas was onderskeidelik nege maande en vier jaar oud toe Hamas hulle tydens die 7 Oktober 2023-aanval in Israel ontvoer het. Die ooreenkoms is bereik tydens onderhandelinge in Kaïro. Hamas sê hy sal ook Saterdag ses lewende gyselaars vrylaat, dubbel die getal wat oorspronklik beplan is, in ruil vir honderde Palestynse gevangenes wat deur Israel aangehou word.