Geskil oor kostes in Job se rooilynsaak June 23, 2025
‘n Verhoor sal vandag gehou word rakende die kostes wat Job Amupanda moet betaal na hy die rooilynsaak verloor het. Die respondente het aansoek gedoen vir ‘n beslagleggings bevel vir kostes van meer as 374 000 Namibiese dollar maar ‘n geskil is nou verklaar. Die registrateur van kostes, Tanita van der Merwe sal vanoggend om tien die verhoor aanhoor om die bevel te finaliseer.