Woede oor dood van Pakistanse meisie oor sjokolade-diefstal
‘n Egpaar in Noordoos-Pakistan word aangehou in verband met die moord op ‘n 13-jarige meisie wat vir hulle gewerk het as ‘n bediende, nadat sy na bewering sjokolade gesteel het. Die meisie, bekend as Iqra, het in die hospitaal gesterf. Die saak het wydverspreide verontwaardiging ontketen en ‘n debat oor kinderarbeid en die mishandeling van huiswerkers het opgevlam. Volgens UNICEF is ongeveer 3,3-miljoen kinders in Pakistan betrokke by kinderarbeid. Die Internasionale Arbeidsorganisasie sê vroue en jong meisies vorm die oorgrote meerderheid van die 8,5-miljoen huiswerkers in Pakistan.