Afrikaners betoog vir Trump

Honderde wit Suid-Afrikaners het Saterdag hul steun aan president Donald Trump getoon en by die Amerikaanse ambassade in Pretoria saamgetrek. Plakkate met “Dank God vir president Trump” en kritiek teen rassistiese wette wat teen die wit minderheid diskrimineer, was oral te sien, berig Associated Press. Baie van die betogers was van die Afrikanergemeenskap, na wie Trump ‘n week gelede in ‘n uitvoerende bevel uitgereik het. Trump het finansiële hulp aan Suid-Afrika opgeskort in reaksie teen ‘n nuwe wet wat die regering toelaat om private grond te onteien.