Byvangste: GRN verloor miljoene, kommer oor bronne
Byvangste in die visvangbedryf wek groot kommer. Die dagblad New Era berig dat die waarde van byvangste in 2023 op 428 miljoen Namibiese dollar beraam is en net 15 persent daarvan is aan die staat betaal. Ingevolge regulasies mag byvangste ‘n maksimum van 5 persent van die totale vangste uitmaak. In die maasbanker sektor was byvangste 37 434 metrieke ton waarvan 12 610 ton sardyne was – ‘n bedryf waarop ‘n moratorium gestel is en wat moet herstel. Daar was ook amper 13 000 ton stokvis. Die lynministerie sê daar is gapings in die regulasies maar, hulle het die maatskappye genader en werk aan die kwessies.