Nissan-Honda samesmelting stort ineen
Nissan was laat verlede jaar diep in die moeilikheid toe mededinger Honda ‘n 60 miljard Amerikaanse dollar se reddingsboei gebied het – dat die twee handelsmerke saam smelt. Maar die onderhandelinge het ineengestort weens Nissan se trots en onvoldoende inligting oor hoe erg sy penarie is, asook Honda se skielike besluit om die bepalings te hersien en voor te stel dat Nissan ‘n filiaal word. Nissan het ook daarop aangedring om byna gelyke behandeling in die samesprekings te ontvang ondanks sy swakker posisie terwyl Honda op sy beurt aangedring het dat Nissan sy arbeidsmag en fabriekskapasiteit sny.