EU ‘sal terugslaan teen Trump se tariewe’
Die hoof van die Europese Unie, Ursula von der Leyen, onderneem om daadwerklik terug te slaan teen die besluit van die Amerikaanse president, Donald Trump, om tariewe op staal- en aluminium-invoere in te stel. Die Duitse kanselier, Olaf Scholz, sê ook die EU sal as ‘n verenigde front reageer en saam optree as die grootste mark ter wêreld. Trump het uitvoerende bevele onderteken om vanaf 12 Maart tariewe van 25-persent in te stel op staal- en aluminiuminvoere, ten spyte van waarskuwings van Europa en China.