DA betreur afsterwe van NujomaFebruary 10, 2025

Die DA betreur die afsterwe van die eerste president van ‘n onafhanklike Namibië, Sam Nujoma. Hy is op 95-jarige ouderdom in ‘n hospitaal in die hoofstad dood. Nujoma het in 1990 die lang stryd vir onafhanklikheid teen Suid-Afrika volbring, nadat hy in die 1960’s gehelp het om Namibië se bevrydingsbeweging bekend as Swapo te stig. Ná onafhanklikheid het hy in 1990 president geword en die land gelei tot 2005. Die DA se Willie Aucamp, sê Nujoma was ’n buitengewone nasionale figuur: