GRN bepleit ‘n diplomatieke oplossing in die DRK January 28, 2025
Die uitvoerende direkteur in die ministerie van buitelandse betrekkings Penda Naanda sê die regering het groot kommer oor die stand van sake met die konflik in die oostelike dele van die DRK tussen die Konglese weermag en die M23 rebelle. Naanda sê ‘n diplomatieke oplossing is dringend nodig voor die konflik uitbrei.