Pete Hegseth word Amerikaanse verdedigingminister
Pete Hegseth, Donald Trump se genomineerde vir Amerikaanse verdedigingminister, is laat Vrydagaand deur die Senaat bevestig, nadat hy te kampe gehad het met bewerings van wangedrag wat sy bevestiging byna ontspoor het. Visepresident JD Vance het na ‘n gelykop-stem die beslissende stem in Hegseth se guns uitgebring. Drie Republikeinse senatore, insluitend die voormalige meerderheidsleier van die Senaat, Mitch McConnell, het teen hom gestem. Hegseth moes vrae beantwoord in sy bevestigingsverhoor oor beweerde seksuele aanranding, wat hy ontken het, sowel as ontrouheid en drinkery.