Stinkende plant bekoor duisende

‘n Bedreigde plant bekend as die “lykplant” as gevolg van sy onuithoudbare stank blom tans in die botaniese tuin in Sydney, Australië. Die plant, wat “Putricia” gedoop is, boei internetgehore, met duisende mense wat die plant se vordering op ‘n stromingsplatform volg. Die seldsame titam arum blom net een keer elke paar jaar en boonop vir net 24 uur. Dit kan tot drie meter hoog groei en weeg ongeveer 150 kilogram. Die titan arum word in die natuur bedreig deur ontbossing en verlies aan grondgehalte.