Nuwe brand in Kalifornië 

ʼn Nuwe brand wat vinnig versprei, het in Los Angeles uitgebreek. Sowat 19 000 mense is beveel om te ontruim terwyl nog 15 000 gewaarsku is. Die Hughes-brand noord van Castaic versprei noord van die Palisades- en Eaton-brande wat vroeër die maand minstens 28 lewens geëis het. ʼn Tronk in die gebied met byna 500 gevangenes is ook ontruim. Die streek is onder ʼn rooivlag-waarskuwing teen ʼn hoë brandgevaar.