Bibi se kantoor bevestig skietstilstandooreenkoms

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, se kantoor sê hy het in Doha ʼn ooreenkoms met Hamas bereik om die gyselaars in Gaza vry te laat. Netanyahu het Donderdag ʼn stemmery in die kabinet om die ooreenkoms goed te keur, uitgestel en Hamas beskuldig dat hy op die nippertjie veranderinge wil aanbring.   Die ooreenkoms word Sondag van krag. Dit beteken gevegte word tydelik staak terwyl gyselaars en Palestynse gevangenes in fases vrygelaat word. Netanyahu sê Israel is vasberade om alle doelwitte van die oorlog te bereik. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *