Smith het genoeg bewyse gehad om Trump te vervolg
Die Amerikaanse spesiale prokureur, Jack Smith, het tot die gevolgtrekking gekom dat Donald Trump besig was met ‘n ongekende kriminele poging om aan bewind te bly nadat hy die 2020-verkiesing verloor het, maar kon nie die saak laat verhoor nie. Dit is volgens sy verslag wat vandag bekend gemaak is. Die verslag beskryf Smith se besluit om vier aanklagte teen Trump te bring, wat hom daarvan beskuldig dat hy beplan het om die sertifisering van stemme te belemmer ná sy nederlaag in 2020 teen die Demokratiese president Joe Biden. Die gevolgtrekking is dat daar genoeg bewyse was vir ‘n skuldigbevinding maar Trump se oorwinning verlede jaar het dit onmoontlik gemaak.