Hardap-besproeiingsvoorstel teen Donderdag oorweeg
Die Hardapdam het net na sewe-uur Maandagaand op 15,5 persent gestaan met 45,7 miljoen kubieke meter water. Die voorsitter van die Hardap Boerevereniging Dawie de Klerk sê hulle behoort teen Donderdag te weet hoeveel water beskikbaar is vir besproeiing. Hulle sal dan ‘n voorstel formuleer wat aan NamWater voorgelê sal word vir verifiëring van syfers. De Klerk voeg by dat onttrekking en verdamping op 100 persent besproeiing min of meer gemiddeld 3 persent van die dam se water maandeliks neem, dus 36 persent per jaar. Besproeiing is in Oktober verlede jaar gestaak.