Japan wil weet hoekom Biden staalooreenkoms blokkeer
Japan se eerste minister, Shigeru Ishiba, het Amerika gevra om te verduidelik want ‘n besluit deur president Joe Biden om die oorname van Nippon Steel van US Steel te verhinder, kan toekomstige beleggings beïnvloed. Volgens Biden is daar ‘n strategiese behoefte om die binnelandse nywerheid te beskerm. ‘n Amerikaanse regeringspaneel kon nie saamstem oor of die verkryging nasionale veiligheid bedreig nie. Die besluit was toe in die hande van Biden. Ishiba sê Biden se besluit laat vrae ontstaan oor toekomstige Japanse beleggings in die wêreld se grootste ekonomie.