DA lê klag teen FlySafair-passasier in Wes-Kaap
Die DA in die Wes-Kaap veroordeel ‘n beweerde rassistiese voorval wat onlangs op ‘n plaaslike FlySafair-vlug plaasgevind het ten sterkste. Die party-lid, Tertuis Simmers sê ‘n passasier het na bewering tydens ‘n hewige woordewisseling rassistiese opmerkings geslinger na ‘n lid van die bruin gemeenskap. Hy sê die DA gaan vandag by die Bishop Lavis-polisiestasie ‘n klagte van crimen injuria indien teen die FlySafair-passasier: