Kyrgios, Djokovic span saam in Brisbane

Tennis: Australië se stoutseun, Nick Kyrgios, gaan die internasionale toernooi in Brisbane saam met Novak Djokovic pak nadat die gewese nommer een-speler hom aangemoedig het om ná ‘n ernstige besering weer tennis te speel. Die gewese teenstanders is deesdae hegte vriende en wil in die Queenslandse toernooi, wat op 29 Desember begin, in die dubbelspel speel. Hulle sal die geleentheid as opwarming benut vir die Australiese Ope in Januarie, met Kyrgios wat vanweë sy besering op ‘n spesiale beskerming staatmaak vir regstreekse toegang tot Melbourne Park.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *