Vrae oor wie tenders sal kry met nuwe padplan van RA
Die Paaie-owerheid het onlangs sy geïntegreerde plan bekend gemaak en tenders oopgestel vir werk aan ‘n netwerk van paaie. Die prioriteit is die opgradering van die Okahandja-Hochfeld-Otjozondu-Okondjatu pad na teer-standaard, maar daar is talle ander planne neergelê. Kosmos 94.1 Nuus het met die Popular Democratic Movement se skadu-finansminister, Nico Smit, se reaksie hierop gevra, veral nadat die plaaslike konstruksiebedryf woedend was dat Namibiese maatskappye, volgens hulle, steeds opsy gestoot word in winsgewende konstruksieprojekte.
Smit voeg by dat net omdat jy ‘n Namibiër is, beteken dit nie dat ‘n tender aan jou toegeken moet word nie.