ANC het Agoa se lidmaatskap, verlenging as vanselfsprekend aanvaar – DANovember 6, 2023

Die DA sê die forum op die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika is verby maar daar is geen sekerheid of die ooreenkoms verleng gaan word en of Suid-Afrika nog daaruit gaan voordeel trek nie. Agoa wat in 2000 begin het, bied aan kwalifiserende Afrikalande vrystelling van belasting op hul uitvoere na Amerika. President Cyril Ramaphosa het die forum Vrydag in Johannesburg toegespreek en aangemoedig om Agoa, wat in 2025 verval, so gou moontlik te hernu. Dion George van die DA sê Suid-Afrika het dit as vanselfsprekend aanvaar dat hy die jaarlikse hersiening sal slaag en dat Agoa verleng sal word: