Skaapooi Fiona na twee jaar gered
Fiona is nie meer Brittanje se eensaamste skaap nie. Sy is oor die naweek gered nadat sy twee jaar aan die voet van kranse in die Skotse Hoogland gestrand was. Vyf boere in die gebied het met toue en ‘n groot sak Fiona gaan haal. Sy is in ‘n baie goeie kondisie, effe oorgewig en nadat sy geskeer is, het sy sommer fraai gelyk. Die skaap se lot het verlede maand die nuus getref nadat ‘n kajak roeier haar twee jaar ná ‘n vorige waarneming steeds vasgekeer aan die voet van ‘n steil krans by die Cromarty Firth gefotografeer het. Fiona sal nou haar dae by ‘n pretplaas deurbring.