Cholera loop weer los in Zimbabwe
Die humanitêre organisasie Mercy Corps Zimbabwe bevestig die land het meer as 6 000 gevalle van cholera aangeteken, met 44 bevestigde sterftes. Die groot aantal gevalle het kommer laat ontstaan oor ‘n herhaling van die 2008 cholera-uitbreking wat ‘n nasionale noodtoestand tot gevolg gehad het. Chitungwiza en Buhera het die meeste aantal gevalle aangemeld onder die 43 distrikte wat getref is. Die senior programbestuurder van Mercy Corps Zimbabwe, Collen Shoko, skryf meeste van die gevalle toe aan swak watergehalte en onvoldoende sanitasie.