Manchester United-legende Charlton sterf

Engeland se Wêreldbeker-wenner en Manchester United-legende, Bobby Charlton, is vreedsaam by sy huis in Londen oorlede, omring deur sy familie. Hy was 86. Hy was ‘n sleutellid van Engeland se 1966 Wêreldbeker-wenspan en het ook groot sukses beleef met United. Man U het in 1968 die eerste Engelse klub geword wat die Europese Beker kon wen, ‘n dekade nadat 8 lede van die span dood is in ‘n vliegtuigongeluk in München. In 2020 is aangekondig Sir Bobby is met demensie gediagnoseer.