Hamas sê Gaza-inwoners moenie ontruim nie
Die militante groep, Hamas, het ‘n beroep op burgers van die Gaza-strook gedoen om Israel se opdrag te ignoreer om te ontruim. Israel beplan vermoedelik ‘n land-aanval en het opdrag gegee dat almal teen vanoggend die noorde van die enklawe moet ontruim. Dit beteken dat ongeveer 1,1 miljoen mense hul huise oornag moes verlaat. Die Verenigde Nasies het die opdrag as onmoontlik beskryf en Hamas het dit as vals propaganda afgemaak. Hulle sê Palestyne moet onwrikbaar bly staan teenoor Israel se walglike sielkundige oorlog en voeg by Palestyne kan nie Gaza verlaat nie aangesien Israel die gebied heeltemal afgesper het.