Iere bly rustig oor stryd teen Springbokke

Rugby: ‘n Massiewe Wêreldbeker-wedstryd lê Saterdag in Parys voor tussen die voorste twee spanne op die wêreldranglys – die verdedigende kampioen, Suid-Afrika, teen die wenner van die Sesnasies Grand Slam, Ierland. Albei spanne is onoorwonne ná twee groepwedstryde en ’n oorwinning Saterdag sal bydra om die boonste plek in die groep te verseker. Die wêreld nommer een, Ierland, is op soek na ‘n eerste Wêreldbeker-titel, maar hul hoëprestasie-afrigter, Gary Keegan, sê hulle benader dit een wedstryd op ʼn slag: