Storm Daniel saai verwoesting in Libië
‘n Noodtoestand is in Libië afgekondig nadat Storm Daniel tot die dood van meer as 1 900 mense gelei het. Sewe van die vermistes is lede van die Libiese nasionale weermag wat tydens reddingspogings vermis geraak het. Die hewige storm het erge oorstromings veroorsaak wat die oostelike stede Benghazi, Derna en Al-Marj swaar getref het. Twee damme in Derna, met ‘n bevolking van ongeveer 100 000 mense, het volgens berigte gebreek, ‘n groot gebied oorstroom en sommige inwoners het verdrink. Die humanitêre netwerk Rooi Halfmaan het die situasie as rampspoedig beskryf.