Twee belangrike gesondheidstenders toegeken

Die Sentrale Verkrygingsraad het die tender vir spyseniering vir pasiënte in staatshospitale aan sewe maatskappye toegeken. Die tender, wat 36 maande geldig is, is 597 miljoen Namibiese dollar werd, ongeveer 198,8 miljoen dollar ‘n jaar. Die spesifikasies van die tender het entiteite wat 100 persent Namibies is. ‘n Totaal van 42 maatskappye het getender met net nege wat gekwalifiseer het. Die tenders is toegeken vir verskaffing in streke. Intussen is die tender vir anti-retrovirale medikasies ook toegeken en ook aan sewe maatskappye. Die tender het baie goedkoper ingekom, op net meer as 265 miljoen dollar teenoor die aanvanklike 366,6 miljoen wat begroot is.