80ste Venesiese Filmfees belemmer deur stakingAugust 30, 2023
Die 80ste Venesiese Filmfees begin vandag in dié Italiaanse stad. Dié fees is die oudste rolprentfees ter wêreld. Nuwe rolprente van regisseurs soos Bradley Cooper, Sofia Coppola en Yorgos Lanthimos word by die fees vertoon, maar ook dié van regisseurs soos Woody Allen, Luc Besson en Roman Polanski wat die afgelope jare in omstredenheid gehul is. Rolprente wat by dié fees debuteer, oes dikwels later gesogte pryse in. In die laaste 11 jaar het agt regisseurs wie se rolprente die eerste keer in Venesië vertoon is, later die Oscar-toekenning as beste regisseur gekry. Bywoning van vanjaar se fees word egter negatief geraak deur die staking deur Hollywood-akteurs en skrywers.