Gebrek aan wil, kennis om waterinfrastruktuur in stand te houAugust 15, 2023

Die Waternavorsingskommissie in Suid-Afrika het bestuursuitdagings in munisipaliteite en ‘n gebrek aan politieke wil uitgewys as faktore wat die instandhouding en opgradering van verouderende waterinfrastruktuur belemmer. Die kommissie se uitvoerende bestuurder, Jay Bhagwan, sê die meeste munisipaliteite in die buurland voldoen nie aan die minimum voldoeningstandaarde nie, en die agteruitgang in waterinfrastruktuur is kommerwekkend. Bhagwan sê water moet hanteer word as ‘n onderneming wat behoorlik bestuur word: