Eerste toeriste saam met Virgin Galactic is ruimte toe
Die miljardêr Richard Branson se Virgin Galactic vuurpylaangedrewe ruimtevliegtuig het sy eerste betalende privaat passasiers na die buitenste ruimte gestuur. Daar was drie toeriste aan boord: die entrepreneur en gesondheids- en welstandsafrigter Keisha Schahaff en haar 18-jarige dogter Anastatia Mayers, en die gewese Olimpiese atleet, Jon Goodwin. Die sending is Virgin Galactic se eerste wat toeriste of passasiers insluit wat vir die pret reis en nie in ‘n professionele hoedanigheid nie. Virgin Galactic het reeds sowat 800 kaartjies verkoop. Dit sluit 600 in wat tot 4,7 miljoen Namibiese dollar elk kos.