Daar is genoeg gesondheidspaspoorteAugust 9, 2023

Die Namibiese gesondheidsministerie het aangekondig dat meer as een miljoen gewone gesondheidspaspoorte teen einde Julie beskikbaar was en dat gesondheidsgeriewe hul bestellings moet indien. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur in die ministerie, het gesê die ministerie is ook besig om bykomende gesondheidspaspoorte aan te skaf. Nangombe se aankondiging volg op bewerings deur die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement se veterane-liga, wat beweer het daar is nie genoeg gesondheidspaspoorte nie. Die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya met met Kosmos 94.1 Nuus gesels…