Biltongfees was reuse-sukses, groei jaar op jaar
Die jaarlikse Biltongfees was die naweek gehou en was weereens ‘n reuse-sukses. Die publiek het die geleentheid goed ondersteun en groot pret gehad. Dit was die grootste fees tot op hede met bekende kunstenaars wat opgetree het en groot vermaak wat aangebied is. Dominee Willem Dykema van die Nederduitse Hervormde Kerk, sê hulle is opgewonde vir wat vir die fees voorlê.