Samewerking tussen Wes-Kaapse wetstoepassers nodig

Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die voortgesette samewerking tussen verskillende wetstoepassingsagentskappe, wat die SAPD insluit, toon hoe ‘n noodsaaklike rol dit speel om misdaad in die provinsie te beveg. Allan sê die Swartland en Overstrand K9- en plattelandse veiligheids-eenhede toon steeds hul waarde. Misdadigers in dorpe soos Moorreesburg en Bettysbaai begin ook besef hul wegkruipplekke raak al hoe minder.