Berei boskos voor vir droogteseisoen
Sommige dele in Namibië is in groen getooi, maar die meeste streke staar droogte in die gesig. Dit is egter ook die regte tyd om vir die droogte voor te berei en met die produksie van bosgebaseerde veevoer te begin. Die potensiaal om indringerbosse vir veevoer te benut hou aansienlike voordele vir Namibië in, veral met voorspellings dat Namibië onder ‘n droogteseisoen gaan gebuk gaan. Dr. Dagmar Honsbein, ‘n boskos-kenner het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor wat boere moet doen, sou hulle met bosvoer wil begin ter voorbereiding.