Rugby: Stormers behaal bonuspunt-sege
Rugby: Die Stormers het gisteraand Benetton met 38-22 geklop in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting in Stellenbosch. Nadat hulle vroeër verloor het teen die Exeter Chiefs in die Kampioene-beker, en teen Munster, het die Stormers gisteraand stadig afgeskop, maar uiteindelik ‘n redelik gemaklike bonuspunt oorwinning behaal. In nog ‘n wedstryd het Ulster, Edinburgh met 28 -14 geklop, wat beteken die Stormers is weer terug in die derde plek op die punteleer, nadat hulle vir ‘n rukkie tweede gelê het in afwagting van die Ulster-Edinburgh-uitslag. In vandag se kragmetings pak die Leeus, Zebre; die Bulle kom te staan teen Leinster, en die Dragons speel teen Llanelli Scarlets.