Weste wil verbod op uitvoere na Rusland uitbrei

Die VSA en ander bondgenote van Oekraïne oorweeg na wat berig word ‘n regstreekse verbod op die meeste uitvoere na Rusland. Hulle wil só ekonomiese druk op President Vladimir Putin verhoog. Volgens internasionale media word die kwessie bespreek in aanloop tot die G7-leiersberaad in Mei. Die verbod sal waarskynlik nie medisyne en landbouprodukte insluit nie. Intussen sê die Europese Unie daar sal in die nabye toekoms geen nuwe sanksies teen Rusland wees nie.