Aardbewing van 6,6 tref Java-eilandApril 14, 2023
‘n Aardbewing met ‘n seismiese meting van 6,6, het die Indonesiese eiland Java getref. Die skudding is in Surabaya, Tuban, Denpasar en Samarang gevoel. Volgens die seismologiese sentrum, is die oorsprong van die aardbewing sowat 600 kilometer ondergrond. Daar is volgens die streek se Geofisika-agentskap, geen risiko van vloedgolwe nie.