Rugby: Stormers, Haaie seëvierend in VRK

Rugby: Die Stormers vier hulle vyfde agtereenvolgende oorwinning teen die Bulle na Saterdagaand se Verenigde Kampioenskap-kragmeting op Loftus. Die Kaapse span het tot die einde vasgebyt en met 23-19 gewen. Die uitslag beteken die verdedigende kampioene behou hulle tweede plek op die punteleer met Leinster wat voorloop. Op Ellispark het Curwin Bosch ‘n drie gedruk, en drie doelskoppe en ‘n strafskop behaal. Sy 14 punte het gesorg die Haaie behaal ‘n 29-7-bonuspunt-oorwinning teen die Leeus. Die Durbanse span is nou in die sewende plek op die punteleer net agter die Bulle wat een meer wedstryd gespeel het.