NRU vergader MaandagJanuary 8, 2022

Die president van die Namibiese Rugby Unie, Corrie Mensah,het bekendgemaak dat die eerste raadsvergadering vanjaar eerskomende Maandagmiddag gehou word. Volgens hom is verskeie onafgehandelde kwessies van die vorige seisoen en ook belangrike sake vir die komende seisoen op die sakelys.Een van die nasionale span se grootste uitdagings vanjaar is om Juliemaand sy beste te lewer in die kwalifiserende toernooi in Frankryk, met die oog op die 2023 Wêreldbeker-reeks.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *