Meer as 150 000 entstowwe moet in Namibië vernietig word

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, sê 154 595 eerste dosisse van die entstowwe Sinopharm, AstraZeneca en Sputnik moet vernietig word, omdat dit nie meer geskik vir gebruik is nie. Covid-gevalle het met 44 persent landwyd toegeneem, met 81 nuwe gevalle wat in die jongste verslag aangemeld is wat die positiewe koers tot 4,5 persent opgestoot het. Altesaam 313 221 persone is ten volle ingeënt.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *