2 SA-leerders sal in Hongkong wetenskap verteenwoordig

Twee jong Suid-Afrikaners gaan deelneem aan die virtuele wêreldwye jeugwetenskap- en tegnologie-skou in Hongkong. ‘n Graad 11-leerder aan die Hoërskool Bryanston in Johannesburg, Kavya Kaushik, en ‘n graad 10-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch, Catherine Kies, het albei silwermedaljes verower in die Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes-kompetisie. Kavya het ‘n masjien-leermodel ontwikkel wat hartritme-steurings akkuraat kan opspoor en klassifiseer, en Catherine het ‘n prostese ontwerp wat deur spier-impulse beheer word.