Ondersoek ook vyandigheid teenoor Afrikaans – VF+

Die Menseregtekommissie van Suid-Afrika se ondersoek na die onderdrukking van Afrikaans by die Universiteit van Stellenbosch, moet ook die kultuur van vyandigheid teenoor Afrikaanssprekendes en die universiteitsbestuur se bevordering daarvan deur die lakse hantering van klagtes in dié verband insluit. Die MRK se ondersoek spruit uit gebeure in Maart vanjaar by koshuise van die universiteit in Stellenbosch waar die gebruik van Afrikaans in openbare ruimtes glo verbied is. Die VF Plus het tydens die gebeure ‘n klag by die MRK aanhangig gemaak, aangesien dit sou neerkom op die skending van verskeie grondwetlike regte van Afrikaanssprekende studente. Die VF Plus-leier dr. Pieter Groenewald het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat …