Dit was Super Bowl-Sondag in die VSA

Die Kansas City Chiefs het die Philadelphia Eagles 38-35 geklop om sodoende die Super Bowl-titel die tweede keer in vier jaar te wen. Die Chiefs was teen rustyd met tien punte agter en ten spyte van ‘n pynlike enkelbesering het Patrick Mahomes sy span in Phoenix aangevoer om tydens vier opeenvolgende aanvalle punte aan te teken om die Eagles te oorrompel. Mahomes, wat die eerste speler sedert 1999 word wat die NFL Waardevolste Speler en die Super Bowl-titel in dieselfde seisoen wen, sê dis selfs meer spesiaal om vir die tweede keer te wen: