10 of meer werknemers? Arbeidsministerie stel nuwe eise van jou

Die Namibiese arbeidsministerie het die drempel van aangewese werknemers van 25 tot tien afwaarts aangepas. Dit beteken dat alle werkgewers wat tien of meer werkers in diens het, aan deel 3 van die wet op indiensnemingsdienste moet voldoen. Dit beteken dat enige vakante posisies aan die ministerie gerapporteer moet word vir plasing op die geïntegreerde indiensmening inligtingstelsel. Die stelsel dra vakante poste waar werksoekers kan registreer. Die stap is geneem om inklusiwiteit te bevorder. In 2022 is 2 200 werkers geplaas in poste en 494 aangewese werknemers geregistreer. Die ministerie sê dit is onwettig om ‘n pos te vul sonder dat die ministerie ingelig is oor die vakante pos en voor die ministerie ‘n kandidaat voorgestel het. ‘n Boete van 20 000 Namibiese dollar of twee-jaar se tronkstraf of beide, kan aan oortreders opgelê word.