Zuma mag nie as kandidaat in verkiesing staan

Jacob Zuma mag nie ‘n kandidaat wees in Suid-Afrika se verkiesing op 29 Mei nie. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het ‘n beswaar gehandhaaf teen sy kandidatuur, wat beteken die oudpresident mag nie as kandidaat vir die MK Party staan nie. Die kommissie sê hy het 82 besware ontvang oor kandidate wat deur 21 politieke partye genomineer is. Die kommissie het besware oorweeg gegrond op kriteria soos uiteengesit in die Verkiesingswet en die Grondwet, en besware teen sewe kandidate afgewys. Ses onafhanklike kandidate sal meeding om setels in die Nasionale Vergadering. Die voorsitter, Mosotho Moepya, sê die OVK het die beswaar gehandhaaf teen Zuma se nominasie vir uMkhonto we Sizwe.