Zim kry nie cholera onder beheer nie
Zimbabwe beleef weer ‘n toename in cholera-gevalle, met meer as 6 000 aangeteken asook 44 bevestigde sterftes. Die groot aantal gevalle het kommer laat ontstaan oor ‘n herhaling van die verwoestende 2008 cholera-uitbreking. Setfree Mafukidze, ‘n kommentator van die Health Factor in Zimbabwe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die regering van Zimbabwe moet optree en die mense help.