Zelensky bedel vir wapens by EUFebruary 10, 2023
Oekraïne se President Volodymyr Zelensky sê Rusland se inval in sy land was nie net ‘n aanval op Kiëf nie, maar op die Europese lewenswyse. Hy het die Europese Parlement in Brussel toegespreek en gevra vir meer militêre wapens om Moskou se inval af te weer. Oekraïne het aansoek gedoen om by die Europese Unie aan te sluit. Zelensky sê hoe gouer sy land swaar, langafstand-wapens en moderne vliegtuie ontvang, hoe gouer gaan Rusland se aggressie beëindig word.