Wynbedryf vergader vroeg in 2022

Suid-Afrikaanse wyn-ondernemings sal aan die begin van volgende jaar byeenkom om die stand van die bedryf te bepaal. Hulle sal ook planne beraam om hulleself toe te rus met insig om in die jaar wat voorlê die bedryf te laat herleef, te herstel en te herbou. Die wynbemarkingsmaatskappy Vinpro se besturende direkteur, Rico Basson, sê die Vinpro-inligtingsdag wat op 20 Januarie virtueel aangebied word, sal gebruik word om strategieë te bespreek.