Creecy vra vir transformasie in jag, bewaring

Die Suid-Afrikaanse omgewingsminister Barbara Creecy, het ‘n beroep op jagters en bewaringsbewustes in die buurland gedoen om met opkomende boere saam te werk ten einde die jag- en bewaringsbedryf te transformeer. Sy wil ook hê hulle moet hulp aan nuwelinge in die bedryf verskaf om hulle ondernemings volgens gesonde ekologiese beginsels te bestuur. Sy was die hoofspreker by die algemene jaarvergadering van die Beroepsbewaarders vir Jag- en Bewaring. Creecy het belanghebbendes versoek om die transformasie-agenda ter harte te neem en die voortou te neem en gemeenskappe te bemagtig om deel te word van die natuurlewe- en jagwaardekettings.