Windhoekers kan aansoek doen vir NHE-huis

Die Nasionale Behuisingsonderneming het inwoners van Windhoek se informele nedersettings gevra om te registreer vir die bou van bekostigbare huise. Voornemende kliënte kan by die onereneming se kantore in Katutura en Eros registreer. Die maatskappy sê die teikengebiede vir behuisingskonstruksie is Freedomland, Goreangab, Otjomuise, Greenwell Matongo – D, Okuryangava en Havana. Daar word van voornemende kliënte verwag om ‘n titelakte, huurooreenkoms, gesertifiseerde afskrifte van hul identiteitsdokument, jongste betaalstrokies of bewys van inkomste te bekom vir die aansoek. Die beroep vorm deel van die lynministerie se projek om informele nedersettings op te gradeer. Tot dusver is 574 huise reeds so gebou.